"Eet Braai Naai" - Tugdosie
Wees 'n Diva in die kombuis!
‘n Teedoekie is ‘n ideale geskenk vir oumas, tannies, kombuis-tee, henne-partytjie (bachelorettes) ‘n verjaarsdag of sommer net ‘n self-bederf item. Die illustrasies is ‘n vintage ‘Boere Burlesque-styl’; pragtig en uniek. Die slagspreuke is vlymskerp, Suid-Afrikaanse tong-in-die-kies humor soos net ons kan.
- 40cm W & 67cm H
- hegte weef, bull denim, 100% katoen
- roomkleurig/natuurlik
- lussie vir ophang (agterkant)
- top kwaliteit
- kleur vintage illustrasie
Fifty Shades of Khaki is nie net ‘n aanlyn winkel en ‘n advies & stories-blogwerf nie, maar ook ‘n lekker tribe om deel van te word op ons sosiale media platforms.
Die twee dames agter Fifty Shades of Khaki is Donna Maytricks en Tugdosie. Hulle het ons slagspreuke: “Dominate Jou Matrix” ge-coin. En dit verklaar die kern van houding en uitkyk - Neem verantwoordelikheid vir jou lewe en jou bydrae tot die samelewing.
Tugdosie en Donna Maytricks is ou skool pelle, toe frenemies, maar is nou ons Fifty Shades of Khaki se duo-bloggers. Tugdosie lei ‘n eenvoudige bestaan as ‘n swerwende waterwyser en skaapskeerder in die hartjie van die Karoo. Sy word gereeld benader vir insig en advies rondom sake van die hart. Donna is ‘n stadsmeisie wat bemoedigende werkswinkels hou vir vroue om hulle lywe lief te hê en te aanvaar.