TUGDOSIE - Dames T-hemp
TUGDOSIE - Dames T-hemp

TUGDOSIE - Dames T-hemp

Regular price R 120.00
Unit price  per 

"Dominate Jou Matrix" - Tugdosie.

 

Vat so Fluffy! Katjie van die baan! Hierdie super mooi, ‘fem-fabulous’ T-hemp is joune. Die volkleur illustrasie is so mooi ontwerp en uniek; ‘n splinternuwe Suid-Afrikaanse handelsmerk. Die styl is so bietjie vintage ‘Boere-Burlesque’ en die slagspreuke is skreeu snaaks.

Lyk sommer spiekerish, gooi ‘n netjiese truitjie of sjiek baadjie bo-oor of wees net gemaklik met ‘n denim of tights daarby.

  • 160g / katoen
  • Wit kortmou
  • Ronde nek

Fifty Shades of Khaki is nie net ‘n aanlyn winkel en ‘n advies & stories-blogwerf nie, maar ook ‘n lekker tribe om deel van te word op ons sosiale media platforms.
Die twee dames agter Fifty Shades of Khaki is Donna Maytricks en Tugdosie. Hulle het ons slagspreuke: “Dominate Jou Matrix” ge-coin. En dit verklaar die kern van houding en uitkyk - Neem verantwoordelikheid vir jou lewe en jou bydrae tot die samelewing.

Tugdosie en Donna Maytricks is ou skool pelle, toe frenemies, maar is nou ons Fifty Shades of Khaki se duo-bloggers. Tugdosie lei ‘n eeenvoudige bestaan as ‘n swerwende waterwyser en skaapskeerder in die hartjie van die Karoo. Sy word gereeld benader vir insig en advies rondom sake van die hart. Donna is ‘n stadsmeisie wat bemoedigende werkswinkels hou vir vroue om hulle lywe lief te hê en te aanvaar.