Koop ons oulike ‘tote bag’ en spaar op die plasties! Die slagspreuke op die sakke is skreeu snaaks en is ‘n wonderlike geskenk. Op hierdie sak is die slagspreuk Tugdosie – Dominate jou Matrix. Hierdie tote bags is vrek mooi met ‘n unieke vintage ‘Boere-Burlesque-styl’ & kleur illustrasie. Natuurlike katoen vesel, met twee lang skouer bande, vir gemaklike oor-die-skouer dra.
'DOMINATE JOU MATRIX' - (KLEUR) Tote Inkopie Sak
'DOMINATE JOU MATRIX' - (KLEUR) Tote Inkopie Sak
'DOMINATE JOU MATRIX' - (KLEUR) Tote Inkopie Sak
'DOMINATE JOU MATRIX' - (KLEUR) Tote Inkopie Sak

'DOMINATE JOU MATRIX' - (KLEUR) Tote Inkopie Sak

Regular price R 120.00
Unit price  per 

"Dominate Jou Matrix" - Tugdosie.

Fantasties! Koop ons oulike ‘tote bag’ en spaar op die plasties! En terwyl jy jou hard verdiende rande spandeer by die Spar, gaan jy sommer die tannies laat lag. Ons Suid-Afrikaners weet hoe om tyd te maak vir ‘n grappie en lag ten spyte van woeste omstandighede.

Die slagspreuke op die sakke is skreeu snaaks en is ‘n wonderlike geskenk en ysbreker vir enige geleentheid. Almal kan altyd doen met nog ‘n sakkie vir hulle shopping. As jy weer genooi wil word vir die braai, vat nou so sakkie en sit ‘n paar lekker goedjies in vir die gasvrou. Maak jou ouma trots, moenie net jou eie dop en twee tjops vat nie.

Hierdie tote bags is vrek mooi met ‘n unieke vintage ‘Boere-Burlesque-styl’ & kleur illustrasies. Bederf jouself met ‘n paar van hulle, dis eg Suid Afrikaans en word met trots bekend gestel deur Fifty Shades of Khaki aanlyn winkel.

  • 120g/m² Katoen
  • 42cm (h) x 38cm (w)
  • Natuurlike katoen vesel met twee lang skouer band, vir gemaklike oor-die-skouer dra.

Fifty Shades of Khaki is nie net ‘n aanlyn winkel en ‘n advies & stories-blogwerf nie, maar ook ‘n lekker tribe om deel van te word op ons sosiale media platforms.
Die twee dames agter Fifty Shades of Khaki is Donna Maytricks en Tugdosie. Hulle het ons slagspreuke: “Dominate Jou Matrix” ge-coin. En dit verklaar die kern van houding en uitkyk - Neem verantwoordelikheid vir jou lewe en jou bydrae tot die samelewing.

Tugdosie en Donna Maytricks is ou skool pelle, toe frenemies, maar is nou ons Fifty Shades of Khaki se duo-bloggers. Tugdosie lei ‘n eeenvoudige bestaan as ‘n swerwende waterwyser en skaapskeerder in die hartjie van die Karoo. Sy word gereeld benader vir insig en advies rondom sake van die hart. Donna is ‘n stadsmeisie wat bemoedigende werkswinkels hou vir vroue om hulle lywe lief te hê en te aanvaar.